Wêreldposunie
From Wikipedia, the free encyclopedia
Wêreldposunie (amptelike Franse naam: Union postale universelle, UPU) is 'n internasionale organisasie wat die posbeleid van sy lidstate en sodoende ook die beleid vir die internasionale poswese koördineer. Elkeen van die lidstate stem saam om dieselfde bepalings ten opsigte van die internasionale posverkeer te volg. Die Wêreldposunie het sy hoofkwartier in die Switserse hoofstad Bern.
Voor die stigting van die UPU was 'n staat genoodsaak om afsonderlike ooreenkomste ten opsigte van die posverkeer met elkeen van die lande te sluit, waarvandaan internasionale pos ontvang en waarheen internasionale pos gestuur is. Die Verenigde State het hulle ten gunste van 'n internasionale poskongres uitgespreek, wat in 1863 plaasgevind het.
Uiteindelik het die Duitse Minister vir Poswese Heinrich von Stephan volgens die Verdrag van Bern, wat op 9 Oktober 1874 onderteken is, in dieselfde jaar die Algemene Posunie gestig (die naam is in 1878 gewysig na Universele Posunie). Dit maak van die UPU die tweede oudste internasionale organisasie na die Internasionale Telekommunikasie-Unie (ITU).