Vlag van Noorweë
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die vlag van Noorweë (Bokmal: Norges flagg; Nynorsk: Det norske flagget) behels 'n donkerblou kruis met wit boorde op 'n rooi agtergrond. Die vertikale arm van die kruis is in die rigting van die vlagpaal verskuif volgens die patroon van die ander Skandinawiese vlae.
Kitsfeite Bynaam, Gebruik ...
Bynaam | (nn) Det norske flagget (no) Norges flagg |
---|---|
Gebruik | Burgerlike vlag en vaandel |
Verhouding | 8:11 |
Goedgekeur | 13 Julie 1821 |
Ontwerp | 'n donkerblou kruis met wit boorde op 'n rooi agtergrond. Die vertikale arm van die kruis is in die rigting van die vlagpaal verskuif |
Ontwerp deur | Fredrik Meltzer |
Gebruik | Staats- en Oorlogsvlag en Staats- en Vlootvaandel |
Verhouding | 16:27 |
Sluit
Die handelsvlag het 'n syverhouding van 16:22 en die staatsvlag 'n syverhouding van 16:27. Die vlae het die volgende verhoudings:
Handels- en nasionale vlag |
Staats- en oorlogsvlag |
Die rooi kleur is PMS 200 en die blou kleur PMS 281 volgens die Pantone-kleurstelsel,[1] respektiewelik #BA0C2F (rooi)[2] en #00205B (blou)[3] (en #FFFFFF (wit) in die RGB-stelsel.