Vlag van Ethiopië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die nasionale vlag van Ethiopië (Amharies: የኢትዮጵያ ሰንደቅ ዓላማ, yäItyoṗya Sändäq ʿAlama; of የኢትዮጵያ ባንዲራ, yäItyoṗya Bandira) is op 6 Februarie 1996 amptelik in gebruik geneem. Die drie tradisionele kleure (groen, geel en rooi) dateer terug na Keiser Menelik (1889–1913) en is vir die eerste keer in 1895 gebruik. Die huidige vlag en embleem is aanvaar na die omverwerping van die Marxistiese Mengistu-regime wat van 1974 tot 1991 regeer het.
Kitsfeite Gebruik, Verhouding ...
Gebruik | Nasionale vlag |
---|---|
Verhouding | 1:2 |
Goedgekeur | 6 Februarie 1996 |
Ontwerp | ’n Horisontale driekleur met ewe wye groen, geel en rooi bane. In die middel is ’n blou kol met ’n geel ster. |
Ontwerp deur | Abebe Alambo |
Sluit