Visegrád-groep
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Visegrád-groep, Visegrád Vier, of V4 is 'n informele alliansie van vier Sentraal-Europese lidstate van die Europese Unie, naamlik die Tsjeggiese Republiek, Hongarye, Pole en Slowakye. Die doelwit is om samewerking tussen die vier state op gebiede soos verdediging, kultuur, ekonomie en energievoorsiening asook hul integrasie in die EU te bevorder.[1]