Viëtkong
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Viëtkong (Viëtnamees: Việt Cộng (VC) , ook bekend as die Nasionale Bevrydingsfront (NLF), was 'n politieke massa-organisasie in Suid-Viëtnam en Kambodja met sy eie weermag - die Volksbevrydings Gewapende Magte van Suid-Viëtnam (PLAF) - wat tydens die Viëtnamoorlog teen die Verenigde State en Suid-Viëtnamese regerings geveg het, en uiteindelik aan die wenkant uitgekom het.[1] Dit het beide guerrilla- en staande weermag-eenhede gehad, sowel as 'n netwerk van kaders wat kleinboere georganiseer het in die gebied wat hulle beheer het. Baie soldate is in Suid-Viëtnam gewerf, maar ander was verbonde aan die People's Army of Vietnam (PAVN), die staande Noord-Viëtnamese leër. Tydens die oorlog het kommuniste en anti-oorlogsaktiviste aangedring dat die Viëtkong 'n insurgensiegroep inheems aan die Suide was, terwyl die VSA en Suid-Viëtnamse regerings die groep as 'n instrument van Noord-Viëtnam uitgebeeld het.