Vaslav Nijinsky
From Wikipedia, the free encyclopedia
Vaslav Nijinsky (Russies: Вацлав Фомич Нижинский, Afrikaanse transliterasie: Watslaf Fomitsj Nizjinski; Pools: Wacław Niżyński; 12 Maart 1890 – 8 April 1950) was 'n balletdanser en choreograaf van Poolse afkoms. Nijinsky was een van die mees begaafde manlike dansers ooit en het bekend geword vir sy veelsydigheid en vir die diepte en intensiteit van sy karakteriserings. Hy kon en pointe (op die punte van sy tone) dans, 'n seldsame vermoë onder manlike dansers in daardie tyd, en sy oënskynlik onmoontlike spronge was legendaries.
Kitsfeite Agtergrondinligting, Geboortenaam ...
Vaslav Nijinsky | |
---|---|
Nijinsky as godheid Vayou in die ballet Le Talisman (1909) | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Wacław Niżyński |
Gebore | 12 Maart 1889 of 1890 Kiëf, Russiese Ryk |
Sterf | 8 April 1950 Londen, Verenigde Koninkryk |
Genres | Klassieke ballet |
Beroep(e) | Balletdanser |
Jare aktief | 1908–1916 |
Assosiasies | Ballets Russes |
Sluit