Vals Dmitri I van Rusland
From Wikipedia, the free encyclopedia
Vals Dmitri I (Russies: Лжедмитрий) was van 21 Julie 1605 tot met sy dood op 17 Mei 1606 tsaar van Rusland onder die naam Dmitri Ioannowitsj (Russies: Димитрий Иоаннович). Hy was een van drie swendelaars wat in die Tyd van Beroeringe voorgegee het hulle is Dmitri Iwanowitsj, jongste seun van Iwan die Verskriklike, wat in 1591 glo ’n sluipmoordaanval oorleef het. Daar word algemeen aanvaar dat die ware Dmitri in Oeglitsj vermoor is en dat die eerste Vals Dmitri eintlik Joeri (Grigori) Otrepjef was, hoewel dit glad nie seker is nie.