Unicode
From Wikipedia, the free encyclopedia
Unicode is 'n internasionale standaard vir die kodering van binêre kodes na grafiese tekens en simbole, vergelykbaar met die ASCII-standaard. Die standaard word onderhou deur die Unicode-konsortium. In teenstelling met ASCII (slegs Engels) of Latin-1 (slegs Wes-Europese tale) het Unicode ten doel om alle gebruikte skrifte (soos die Griekse alfabet en Chinese karakters) te ondersteun. Die standaard bevat tans ongeveer 100 000 gestandaardiseerde tekens en ongeveer 900 000 wat vir toekomstige gebruik gereserveer is.
Meer inligting Gebaseer op, Het uitgawe ...
Gebaseer op | Xerox Karakter Kode Standaard, Universal Character Set, ISO/IEC 2022, ISO/IEC 8859, ISO/IEC 646 |
---|---|
Het uitgawe | Unicode 15.1.0 |
Uitgewer | Unicode Consortium |
Issue tracker URL | https://unicode-org.atlassian.net/ |
Sagteware weergawe identifiseerder | 15.1.0 |
Amptelike webwerf | https://unicode.org/ |
Lisensie | Unicode Terms of Use |
Kopiereg status | copyrighted |
Standards body | Unicode Consortium |
Unicode reeks | U+0000-10FFFF |
ACM Klassifikasiekode (2012) | 10011594 |
Het lys | list of Unicode characters, Q11252254 |
Sluit
Unicode
Die standaard voorsien alle tekens en simbole ("karakters") van alle geskrewe tale van 'n nommer. Die Unicode-standaard skryf egter glad nie voor hoe karakters visueel voorgestel moet word nie.