Driehoeksterrestelsel
spiraalsterrestelsel in die sterrebeeld Driehoek / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Driehoeksterrestelsel (ook bekend as onder meer Messier 33 en NGC 0598) is ’n sterrestelsel sowat 3 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Driehoek. Dit is die derde grootste sterrestelsel in die Plaaslike Groep, wat die Melkweg, Andromeda en sowat 30 ander, kleiner stelsels insluit. Dit is een van die verste permanente voorwerpe wat met die blote oog gesien kan word.
Kitsfeite
Driehoeksterrestelsel | ||||
Messier 33, die Driehoeksterrestelsel. | ||||
Soort stelsel | Spiraalsterrestelsel | |||
Sterrebeeld | Driehoek | |||
Messier-naam | Messier 33 | |||
Tipe | SA(s)cd[1] | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 01h 33m 50,02s | |||
Deklinasie | +30º 39' 36,7" | |||
Skynmagnitude | 5,72 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 2,38-3,07 miljoen | |||
Skynbare grootte | 70,8' × 41,7' | |||
Aantal sterre | 40 biljoen (4×1010) | |||
Ander name | NGC 0598, MCG +05-04-069, 1ES 0131+303, RX J0133.8+3039, PGC 005818 | |||
|
Sluit