Transvaal
From Wikipedia, the free encyclopedia
Transvaal is die informele naam vir een van die onafhanklike republieke wat deur die Voortrekkers tydens die 19de eeu gestig is en amptelik as Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) bekend gestaan het. Ná 1910 vorm Transvaal, wat in die noordooste van Suid-Afrika lê, een van die vier provinsies van die Unie van Suid-Afrika en sedert 1961 een van die vier provinsies van die Republiek van Suid-Afrika.
| |||||
| |||||
Volkslied: Kent gij dat Volk | |||||
Ligging van Transvaal tussen 1976–1994 (die tuislande word nie aangetoon nie) | |||||
Hoofstad | Pretoria 25°45′S 28°11′O | ||||
Taal/Tale | Afrikaans, Nederlands, Engels | ||||
Godsdiens | Nederduits Gereformeerde Kerkfamilie, Anglikaanse Kerk | ||||
[[Regering|]] | Nie gespesifiseer nie | ||||
Wetgewer | Transvaal-provinsiale Raad | ||||
Historiese tydperk | Unie van Suid-Afrika | ||||
- Stigting van die Unie van Suid-Afrika | 31 Mei 1910 | ||||
- Einde van Apartheid | 27 April 1994 | ||||
Bevolking | |||||
- 1991 skatting | 9 491 265 | ||||
Geldeenheid | Suid-Afrikaanse Pond (1910–1961) Suid-Afrikaanse Rand (1961–1994) |
Transvaal is sowel in landboukundige asook in mynboukundige opsig 'n skatkamer. Sy uitgestrekte plase en sy mynbounywerheid lewer 'n groot bydrae tot Suid-Afrika se bruto binnelandse produk. Teen die suidelike rand van die Transvaalse Hoëveld lê Suid-Afrika se belangrikste nywerheidsgebied, die Witwatersrand.
Ná die algemene verkiesing van 1994 is die administratiewe verdeling van Suid-Afrika verander en die provinsie Transvaal ontbind. Op sy grondgebied het vier nuwe provinsies ontstaan: Gauteng (aanvanklik die P.W.V. genoem), Noordwes, Limpopo en Mpumalanga. Die naam Transvaal word nog steeds gebruik om na die oorspronklike geografiese gebied te verwys.