Thomas Kelly-Kenny
From Wikipedia, the free encyclopedia
Sir Thomas Kelly-Kenny(1840–1914) was 'n generaal in die Britse leër. Hy is in 1840 in Ierland gebore en sluit op 18-jarige ouderdom aan by die Britse leër en veg in 1860 in China. Hy speel 'n belangrike rol in die Tweede Vryheidsoorlog waarin hy in 1900 die bevelvoerder van die Sesde Divisie was. Hy is betrokke by gevegte by die Slag van Paardeberg, Poplar Grove en Driefontein. In dieselfde jaar word hy in bevel geplaas van die nuut verowerde Oranje-Vrystaat. Hy tree op as adjudant-generaal van 1901 tot 1904, tree af in 1907 en is oorlede op 26 Desember 1914.
Kitsfeite Geboortedatum, Geboorteplek ...
Thomas Kelly-Kenny | |
---|---|
Thomas Kelly-Kenny in 1900 | |
Geboortedatum | 27 Februarie 1840 |
Geboorteplek | Kilrush, Clare-county, Ierland |
Sterfdatum | 26 Desember 1914 (op 74) |
Sterfplek | Hove, Sussex, Engeland |
Lojaliteit | Verenigde Koninkryk |
Diens/Tak | Britse Weermag |
Rang | Generaal |
Eenheid | 6ste Divisie |
Poste beklee | Suid-Afrika |
Veldslae/oorloë | Tweede Vryheidsoorlog |
Toekennings | Knight Grand Cross of the Order of the Bath Order of St Michael and St George |
Sluit