Thüringen
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Vrystaat Thüringen (Duits: Freistaat Thüringen, afkorting: TH) is 'n deelstaat van die Bondsrepubliek Duitsland. Met 'n bevolking van 2,1 miljoen en 'n oppervlakte van 16 172 km² is dit een van die kleiner deelstate. Ook sy bevolkingsdigtheid is ietwat laer as die gemiddelde van Duitsland.
Landsvlag | Landswapen |
---|---|
(Besonderhede) | (Besonderhede) |
Basiese gegewens | |
Ampstaal: | Duits |
Hoofstad: | Erfurt |
Stigting: | 3 Oktober 1990 |
Oppervlakte: | 16 172,50 km² (11de) |
Bevolking: | 2 137 155 (12de) (2de kwartaal 2019)[1] |
Bevolkingsdigtheid: | 132,2 inwoners / km² (13de) |
BBP - Totaal - % Verandering teenoor vorige jaar |
2018 63,804[2] miljard € 3,3 % (2017) |
Volkslied (Landeshymne): | geen |
Skuldlas per inwoner: | 6 936 € (30 September 2019) |
Totale skuldlas: | 14,825 miljard € (30 September 2019)[3] |
Werkloosheidsyfer: | 5,1 % (Desember 2019)[4] |
ISO 3166-2: | DE-TH |
Amptelike webwerf: | www.thueringen.de |
Politiek | |
Eerste minister: | Bodo Ramelow (Die Linke) (sedert 5 Desember 2014) |
Regerende partye: | Linke, SPD en Grüne |
Setels in die parlement (Landtag) (90 setels) (2014: 91 setels): |
Die Linke 29 (2014: 28) AfD 22 (11) CDU 21 (34) SPD 8 (12) Bündnis 90/Grüne 5 (6) FDP 5 (0) |
Laaste verkiesing: | 27 Oktober 2019 |
Volgende verkiesing: | 2024 |
Parlementêre verteenwoordiging | |
Stemme in die Federale Raad (Bundesrat): | 4 (van 69) |
Kaart | |
Erfurt is die administratiewe setel en grootste stad van Thüringen. Jena is die tweede grootste nedersetting met 'n bevolking van meer as 100 000. Thüringen is 'n landgebonde deelstaat wat nog aan die see nog aan die buiteland grens. Aangrensende deelstate is Sakse in die suide en suidooste, Sakse-Anhalt in die noorde en noordooste, Nedersakse in die noordweste, Hesse in die weste en Beiere in die suide. 'n Aantal nedersettings in die noordweste van die deelstaat maak daarop aanspraak dat hulle die geografiese middelpunt van Duitsland vorm.