Suiwer Land-Boeddhisme
From Wikipedia, the free encyclopedia
Suiwer Land-Boeddhisme, in die Weste ook bekend as Amidisme,[1][2] is ’n groot tak van Mahayana-Boeddhisme en een van die mees algemene tradisies van Boeddhisme in Oos-Asië. Suiwer Land se leringe sentreer om Amitabha Boeddha.
Suiwer Land-Boeddhisme | ||
Amitabha Boeddha en sy begeleidende bodhisattvas Mahasthamaprapta (links) en Avalokitesvara. | ||
Vertalings | ||
Viëtnamees | Tịnh Độ Tông | |
Tradisionele Sjinees | 净土宗 | |
Vereenvoudigde Sjinees | 淨土宗 | |
Pinyin | Jìngtǔzōng | |
Japannees | 浄土仏教 (Jōdo bukkyō) | |
Koreaans | 정토종 (jeongtojong) |
Die praktyke en begrippe wat in Suiwer Land voorkom, word aangetref in die basiese Mahayana-kosmologie en is ’n belangrike deel van dié tradisie in China, Japan, Korea, Viëtnam en Tibet. Die term "Suiwer Land-Boeddhisme" kan verwys na die Suiwer Land-tradisie of Suiwer Land-leerstellings van Mahayana, sowel as die aparte Suiwer Land-sekte wat in Japan ontwikkel het. In die Japannese Boeddhisme het Suiwer Land-leringe ontwikkel in ’n onafhanklike institusionele sekte, soos gesien kan word in die Jōdo-shū- en die Jōdo Shinshū-skool.