Suid-Afrikaanse siviele ordes en dekorasies: 2002-
From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Nuwe stelsel van nasionale ordes, die hoogste eerbewys wat die President kan toeken aan landsburgers en buitelanders wat belangrike bydraes tot die land gemaak het, is in 2002 in Suid-Afrika bekendgestel. 'n Nuwe stelsel van nasionale ordes, die hoogste eerbewys wat die President kan toeken aan landsburgers en buitelanders wat belangrike bydraes tot die land gemaak het, is in 2002 in Suid-Afrika bekendgestel. Die ordes word toegeken deur die President, bygestaan deur die Direkteur-Generaal in die Presidensie, wat ook dien as die Registrateur van Nasionale Ordes, en die Advieskomitee oor Nasionale Ordes. Die nuwe ordes is geskep in die gees van die simboliese stappe weg van Suid-Afrika se verlede van haat, uitsluiting en diskriminasie op grond van geslag, kleur en geloof. Van die hoofmomente op hierdie pad was reeds die hys van die nuwe Suid-Afrikaanse vlag in 1994 en die indiensneming van 'n nuwe heraldiese wapen op 27 April 2000. Hiermee is 'n nuwe perspektief gebore wat Afrika en sy simbole erken in die geboorte van 'n nuwe Suid-Afrika.
Hierdie artikel behoort versmelt te word met Lys van Suid-Afrikaanse ordes, dekorasies en medaljes.
Maak seker om die inhoud te skuif na die bladsy wat reeds aan Wikidata gekoppel is!
Indien altwee gekoppel is, sien hier.
Hierdie artikel moet skoongemaak of andersins verbeter word. Hierdie artikel voldoen nie tans aan die hoë gehaltestandaarde waarna Wikipedia streef nie. Voel vry om self in te spring en verbeterings te maak, en verwyder hierdie kennisgewing ná die tyd. Vir meer hulp, sien die redigeringshulp. Daar is moontlik kommentaar in die artikel of op die besprekingsblad oor wat verbeter moet word. |