Suid-Afrikaanse militêre dekorasies: 1952-1975
Wikimedia lysartikel / From Wikipedia, the free encyclopedia
In 1952 het die Suid-Afrikaanse regering 'n reeks dekorasies en medaljes vir die Suid-Afrikaanse Weermag ingestel, om die Britse toekennings wat destyds nog gebruik is te vervang. Addisionele dekorasies, medaljes, en embleme is tussen 1965 en 1970 ingestel. Hierdie toekennings is in 1975 deur 'n nuwe reeks vervang.
Daar was dekorasies vir dapperheid en voortreflike diens; 'n veldtogmedalje; medaljes vir troue diens; 'n medalje vir skietkampioene; en twee embleme.