Straat van Yucatán
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Straat van Yucatán (Spaans: Canal de Yucatán) is 'n seestraat wat die Golf van Meksiko in die noorde met die Karibiese See in die suide verbind en die Yucatán-skiereiland in die weste van Kuba in die ooste skei. Aangrensende lande is Meksiko in die weste en Kuba in die ooste. Die seestraat se nouste punt is sowat 217 km wyd en dit is tot sowat 2 800 m diep.
Straat van Yucatán | |
---|---|
Ligging van die Straat van Yucatán | |
Koördinate: | 21°34′42″N 85°54′27″W |
Ligging: | Kuba, Meksiko |
Soort: | Seestraat van die Atlantiese Oseaan |
Maksimum diepte: | 2 800 m (9 200 vt) |
Breedte: | 217 km (135 myl) |
Invloei: | Golf van Meksiko |
Uitvloei: | Karibiese See |
Eiland/e: | Kuba |
Nedersettings: | Cancún |