Stadium Municipal (Toulouse)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Stadium Municipal (letterlik "Stedelike Stadion") is die grootste stadion in die Suid-Franse stad Toulouse. Die stadion is 'n suiwer rugby- en sokkerveld en beskik oor geen bykomende atletiekbaan nie. Die Stadium Municipal dien as die tuisveld van die plaaslike sokkerspan FC Toulouse, maar word ook vir rugbywedstryde van die plaaslike span Stade Toulousain in die H-beker (Europa-beker) of Top 14 (Eerste professionele liga) gebruik. Toetswedstryde van Frankryk se nasionale rugbyspan is ook hier gespeel. Die stadion lê op die Ramiereiland in die Garonnerivier.
Kitsfeite Bynaam, Ligging ...
Stadium Municipal | ||
Bynaam | Petit Wembley | |
---|---|---|
Ligging | Toulouse, Frankryk | |
Koördinate | 43°35′0″N 1°26′3″O | |
Eienaar | Stad Toulouse | |
Kapasiteit | 33 150 | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Gebou | 1937 | |
Geopen | 1938 | |
Renovasie | 1949, 1997, 2003, 2005, 2007, 2013–2016 | |
Boukoste | 41,5 miljoen € (2013–2016) | |
Argitek | Jean Montariol (1938) Cardete Huet Architectes Atelier Ferret (2013–2016) | |
Huurders | ||
FC Toulouse (Sokker) Stade Toulousain (Rugby) |
Sluit