Sirkumpolêre ster
From Wikipedia, the free encyclopedia
’n Sirkumpolêre ster is ’n ster wat van ’n sekere breedtegraad op Aarde af nooit onder die horison verdwyn nie vanweë sy nabyheid aan een van die hemelpole. Hulle is dus van ’n sekere ligging af elke nag van die jaar vir die hele nag sigbaar (en sou ook bedags sigbaar gewees het as dit nie vir die Son se gloed was nie).
Alle sirkumpolêre sterre lê dus binne ’n relatiewe sirkumpolêre sirkel, waarvan die radius ooreenstem met die waarnemer se breedtegraad. Dit was in werklikheid die oorspronklike betekenis van "Arktiese Sirkel" voor die huidige geografiese betekenis. Dit beteken letterlik "Sirkel van die Bere" (die Groot Beer en Klein Beer) en kom van die Griekse αρκτικός (arktikos, "naby die Beer"), van die woord άρκτος (arktos, "beer").