Simfonie no. 9 in D-mineur, op. 125 "Koraalsimfonie" (Beethoven)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Negende Simfonie in D-mineur, Op. 125 is die vroegste voorbeeld van 'n simfonie waarin 'n belangrike komponis sang inspan.[1] Die finale (vierde) beweging van die simfonie is getoonset vir vier sangers en 'n koor in die parallel gemoduleerde toonsoort van D-majeur. Die teks is aangepas uit "An die Freude" (Afrikaans letterlik "aan die vreugde"), 'n gedig deur Friedrich Schiller (1785, hersien in 1803), met bykomende teks deur Beethoven self.
Kitsfeite Toonaard, Periode ...
Simfonie No. 9 | |
---|---|
Koraalsimfonie deur Ludwig van Beethoven | |
'n Bladsy (folio 12, regs) uit Beethoven se oorspronklike manuskrip | |
Toonaard | D-mineur |
Periode | Klassieke musiek/Klassiek|Klassiek-Romantiese musiek|Romantiek (oorgang van Klassieke na Romatiese musiek|oorgangstydperk) |
Teks | Friedrich Schiller se "Ode aan die vreugde" |
Taal | Duits |
Gekomponeer | 1822–1824 |
Toewyding | Koning Frederik Wilhelm III van Pruise |
Duur | Ongeveer 70 minute |
Bewegings | Vier |
Partituur | Orkes met SATB-koor en soliste |
Première | |
Datum | 7 Mei 1824 (1824-05-07) |
Lokasie | Theater am Kärntnertor, Wene |
Dirigent | Michael Umlauf en Ludwig van Beethoven |
Kunstenaars | Kärntnertor-orkes, Gesellschaft der Musikfreunde en soliste: Henriette Sontag (soprano), Caroline Unger (alt), Anton Haizinger (tenoor) en Joseph Seipelt (bas) |
Sluit
In 2001 is Beethoven se oorspronklike, handgeskrewe manuskrip van die partituur, wat deur die Berlynse Staatsbiblioteek gehou word, by die Memory of the World Program Heritage-lys van die Verenigde Nasies gevoeg. Dit het sodoende die eerste musiekpartituur geword wat dié eer te beurt geval het.[2]