Sikadeë
From Wikipedia, the free encyclopedia
Sikadeë (Cycadophyta) is 'n plantdivisie wat al reeds 235 tot 65 miljoen jaar gelede gefloreer het. Daar bestaan tans net ongeveer 300 spesies, almal binne tropiese en subtropiese areas. Alhoewel sikadeë na boomvarings of palms mag lyk, is hulle egter nie naverwante groepe nie. Boomvarings is kriptogame plante (d.w.s. sonder blomme of sade) terwyl egte palms onder die blomplante resorteer. Sikadeë is waarskynlik die oudste oorlewende groep saadplante.[1]
Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Ordes en families ...
Sikadeë | |
---|---|
Cycas revoluta in Frankryk | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | Cycadophyta Bessey 1907: 321. |
Klas: | Cycadopsida Brongn. |
Orde: | Cycadales Pers. ex Bercht. & J. Presl. |
Ordes en families | |
Sluit