Sicilian Avenue
From Wikipedia, the free encyclopedia
Sicilian Avenue is 'n voetgangers- en winkellaan in die Londense stadsdeel Holborn wat diagonaal tussen die strate Southampton Row en Bloomsbury Way loop. Die laan is in 1906 deur die argitek Robert Worley (1850–1930) in 'n monumentele Edwardiaanse styl ontwerp en vier jaar later voltooi. Vir die kolonnades en torinkies van geboue langs die laan is Italiaanse marmer gebruik. Die laan is 'n gepaste omgewing vir onder meer Italiaanse restautante, alhoewel geen van die besighede in Sicilian Avenue 'n regstreekse verbintenis met die eiland Sisilië het.