Sferoïde
From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Sferoïde is 'n kwadratiese oppervlak en die omwentelingsfiguur van 'n ellips. 'n Ellipsoïde waarvan twee strale gelyk is, is 'n sferoïde. Wanneer die twee gelyke strale kleiner as die derde is, word dit 'n oblate, of afgeplatte sferoïde genoem, maar wanneer die twee gelyke strale langer as die derde straal is, is die resultaat 'n prolate sferoïde.
Die aarde (en ook ander planete) word gereeld voorgestel as 'n afgeplatte sferoïde.