Seweweekspoort
From Wikipedia, the free encyclopedia
Seweweekspoort lê op die R323-streeksroete, ’n verbindingspad tussen die N1 by Laingsburg in die Groot Karoo en die R62-provinsiale roete naby Calitzdorp en Ladismith in die Klein Karoo. Die pad gaan by die voormalige sendingstasie Amaliënstein noordwaarts deur ’n poort van 17 km wat deur die Seweweekspoortrivier (ook Huisrivier genoem) in die Klein Swartberge gevorm is. Op 1 018 m bereik die poort sy hoogste punt. Die maksimumhelling is 1:14.
Kitsfeite Koördinate: 33°24′49″S 21°24′25″O, Ligging ...
Seweweekspoort | |
Koördinate: 33°24′49″S 21°24′25″O | |
---|---|
Ligging | Tussen Laingsburg en Calitzdorp |
Maksimumhelling | 1:14 |
Hoogte | 1 018 m |
Lengte | 17 km |
Oppervlak | gruis |
Begin in | 1850’s |
Voltooi in | 1862 |
Pad | R323, verbind N1 met R62 |
Sluit
Die pad kruis die loop van hierdie westelike tak van die Gamkarivier 30 maal. Daarom is die poort tydens en na reën dikwels onbegaanbaar. Toerisme vorm die grootste verkeer op die roete weens die besondere ongerepte natuurskoon.