Seldsaamste proteas
From Wikipedia, the free encyclopedia
Suid-Afrika se beroemdste blom is die protea. Dit is tipies Suid-Afrikaans en word as een van die wêreld se skouspelagtigste blomsoorte beskou.
Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie. Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg. |
Die familie Proteaceae word in Suid-Afrika deur sowat vierhonderd spesies verteenwoordig wat in dertien genera verdeel word. Hierdie genera sluit o.m. in die Protea self, waarvan die suikerbos 'n tipiese voorbeeld is; die tolbosse en silwerbome (Leucadendron); die speldekussings (Leucospermum); rooistompies of soldate (Mimetes); wilde amandel (Brabejum) ens.