Schoemansdal
From Wikipedia, the free encyclopedia
Schoemansdal was 'n nedersetting 16 km wes van Louis Trichardt (Makhado). Die nedersetting het ontstaan in die tyd van die Groot Trek, maar was ná slegs dertig jaar verlate as gevolg van aanvalle deur Venda-krygers. Nadat die Republiek weer beheer van die gebied oorgeneem het, is Schoemansdal geïgnoreer en 'n nedersetting by Makhado gestig. As gevolg hiervan is Schoemansdal die enigste Voortrekker-nedersetting in Suid-Afrika wat nie in 'n moderne dorp ontwikkel het nie.
- Vir die voormalige Schoemansdal in Mpumalanga, sien Kamatsamo
Kitsfeite Schoemansdal Zoutpansbergdorp, Land ...
Schoemansdal Zoutpansbergdorp | |
---|---|
Gewese dorpie | |
Koördinate: 23°2′0″S 29°43′0″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Limpopo |
Distriksmunisipaliteit | Vhembe |
Plaaslike Munisipaliteit | Makhado |
Stigting | 1848 |
Bevolking | |
• Totaal | 0 |
Status | Bestaan nie meer nie |
Sluit