Schöneberg
From Wikipedia, the free encyclopedia
Schöneberg is 'n stadsdeel in die Berlynse distrik Tempelhof-Schöneberg. Tot en met 31 Desember 2000 het Schöneberg 'n selfstandige distrik gevorm wat naas die naamgewende stadsdeel ook Friedenau ingesluit het. Die distrik Schöneberg is as gevolg van 'n administratiewe hervorming op 1 Januarie 2001 met die destydse distrik Tempelhof saamgesmelt.
Kaart | Wapen van Tempelhof-Schöneberg |
Wapen (1920-2000) | |
Land | Duitsland |
Deelstaat | Berlyn |
Koördinate | 52°29′N 13°22′O |
Stigting (eerste verwysing) | 3 November 1264 |
Insluiting by Berlyn | 1 Oktober 1920 |
Stadsdistrik | Tempelhof-Schöneberg |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 10,6 vk km |
Hoogte bo seevlak | Maksimaal 78 m |
Bevolking: | |
- Totaal (30 Junie 2016) | 120 725 |
- Bevolkingsdigtheid | 11 389/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Klimaat | |
- Tipe | Gematigde klimaat |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | |
- Gem. temp. Januarie/Julie | |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae |
Bekende besienswaardighede in Schöneberg sluit die Rathaus Schöneberg (die vroeëre regerings- en parlementsgebou van Wes-Berlyn), die grootste afdelingswinkel op die vasteland van Europa Kaufhaus des Westens (KaDeWe) en die historiese werkersbuurt Rote Insel in.