Sauropodomorpha
From Wikipedia, the free encyclopedia
Sauropodomorpha (van die Griekse woorde vir "akkedispoot-vorms") is ’n uitgestorwe suborde of klade van plantvretende dinosourusse met lang nekke wat tot die orde Saurischia behoort. Dit sluit die souropodes en hul voorsate in. Souropodes het gewoonlik baie groot geword, het lang nekke en sterte gehad en was vierpotig; hulle was die grootste diere wat nog op aarde bestaan het. Die "prosouropodes", wat hulle voorafgegaan het, was kleiner en kon dikwels op twee pote loop.
Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Subgroepe ...
Sauropodomorpha | |
---|---|
’n Apatosaurus louisae-skelet (Carnegie-museum) | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | Sauropodomorpha (Huene, 1932) |
Subgroepe | |
|
Sluit
Kitsfeite Kladistiese klassifikasie ...
Sauropodomorpha | ||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Kladistiese klassifikasie | ||||||||||
| ||||||||||
Sluit
Die souropodomorfe was deur ’n groot deel van die Mesosoïkum-era die oorheersende plantvreters op land, van hul ontstaan in die Middel-Trias sowat 230 miljoen jaar gelede tot met hul uitwissing aan die einde van die Kryt-periode sowat 66 miljoen jaar gelede.