Saint-Jean-de-Luz
From Wikipedia, the free encyclopedia
Saint-Jean-de-Luz (Baskies Donibane Lohizune) is 'n dorp in die département Pyrénées-Atlantiques en die région (gewes) Nieu-Akwitanië (Suidwes-Frankryk) met 'n oppervlak van 19,05 vierkante kilometer en 14 332 inwoners (2010). Sy inwoners word in Frans les Luziens genoem.
Kitsfeite Land, Gewes (region) ...
Saint-Jean-de-Luz | |
---|---|
Die strand van Saint-Jean-de-Luz | |
Koördinate: 43°23′28″N 1°39′31″W | |
Land | Frankryk |
Gewes (region) | Nieu-Akwitanië |
Département | Pyrénées-Atlantiques |
Arrondissement | Bayonne |
Kanton | Saint-Jean-de-Luz |
Regering | |
• Burgemeester | Pierre Duhart |
Oppervlak | |
• Stad | 19,05 km2 (7,36 vk. myl) |
Hoogte | 0–84 m (0–276 ft) |
Bevolking | |
• Stad | 14 332 |
• Digtheid | 752/km2 (1 950/vk. myl) |
• Metro | 275 250 |
Poskode | 64500 |
Skakelkodes | 64483 |
Webwerf | saintjeandeluz.fr |
Sluit
Saint-Jean-de-Luz is die belangrikste visseryhawe in die Franse Baskeland en daarnaas ook 'n gewilde strandoord, wat met sy tipiese Baskiese dorpskarakter en 'n veilige sandstrand met 'n lengte van twee kilometer bekoor.