Saône
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Saône (Frans: [son]; Arpitaans: Sona; Latyn: Arar) is 'n groot suidoos-vloeiende rivier in Frankryk. Die rivier, met 'n lengte van 473 km, is die langste sytak van die Rhône.
Saône | |
---|---|
Nagtelike aansig van die Saône in Lyon, Frankryk. | |
Die stroomgebied van die Saône. | |
Oorsprong | Vioménil, Vogese, Grand Est, Frankryk |
Monding | Lyon, Auvergne-Rhône-Alpes, Frankryk Rhône |
Stroomgebied | Frankryk |
Lengte | 473 km (294 myl) |
Oorspronghoogte | 392 m (1 286 voet) |
Mondinghoogte | 158 m (518 voet) |
Gemiddelde afloop | 410 m³/s (14 000 vt/s³) |
Stroomgebiedopp. | 30 093 km² (11 600 myl²) |
Kaart van die Saône-bekken in Frankryk. |
Die Saône ontspring naby Vioménil in die Vogese in die Franse gewes Grand Est van die historiese streek Lotaringe. Net wes ontspring die Maas en net oos die Moesel, 'n sytak van die Ryn. Aansluitend vloei die Saône in 'n suidwestelike rigting en mond by Lyon in die Rhône uit. Laasgenoemde sit die suidelike vloeirigting van die Saône vort. Die Saône vloei onder ander deur die Franse départements Vosges, Haute-Saône, Côte-d'Or, Saône-et-Loire, Rhône en Ain. Die gekanaliseerde Saône verbind die Rhônehawens met nywerheidstede soos Villefranche-sur-Saône, Mâcon en Chalons-sur-Saône.