Rumatoïede artritis
outo-immuun siekte wat gesonde selle en weefsel in gewrigte aanval / From Wikipedia, the free encyclopedia
Rumatoïede artritis is 'n langtermyn outo-immuunsiekte wat hoofsaaklik gewrigte affekteer. Dit lei gewoonlik tot warm, geswelde en pynlike gewrigte. Pyn en styfheid vererger dikwels na rus. Mees algemeen is die pols en hande betrokke, met dieselfde gewrigte wat tipies aan beide kante van die liggaam betrokke is. Die siekte kan ook ander dele van die liggaam affekteer, insluitend vel, oë, longe, hart, senuwees en bloed. Dit kan tot anemie, inflammasie rondom die longe en ontsteking rondom die hart lei. Koors en lae energie kan ook teenwoordig wees.[1] Dikwels kom simptome geleidelik oor weke tot maande voor.[2]
Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie. Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word. |
Die eerste erkende beskrywing van rumatoïede artritis is in 1800 gemaak deur Dr. Augustin Jacob Landré-Beauvais (1772–1840) van Parys.[3] Die term rumatoïede artritis is gebaseer op die Grieks vir "waterige en ontsteekte gewrigte".[4]