Rugbywêreldbeker 2031
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Rugbywêreldbeker 2031 (Engels: 2031 Rugby World Cup) word van September tot Oktober 2031 in die Verenigde State beslis. Dit is die twaalfde rugbywêreldbeker van die vierjaarlikse rugbywêreldkampioenskap wat deur Wêreldrugby aangebied word en die sewende in die Noordelike Halfrond. Verder is dit die eerste rugbywêreldbekertoernooi wat in die Amerikas aangebied word.
Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind. Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak. |
Rugbywêreldbeker 2031 | |
Toernooibesonderhede | |
---|---|
Gasheer | Verenigde State |
Datums | September – Oktober |
Aantal nasies | 24 |
Finale posisies | |
Toernooistatistiek | |
← 2027 |
2035 → |
Soos tydens die 2027-toernooi sal 24 nasionale rugbyspanne vanuit verskeie lande aan die Rugbywêreldbeker 2031 kan deelneem.[1]
Die Rugbywêreldbeker word gewoonlik tussen September en Oktober beslis. In die Verenigde State sal dit met die 2031-seisoene van die National Football League (NFL) en die Major League Soccer (MLS) oorvleuel. Aangesien baie van die voorgestelde plekke NFL- en MLS-stadions is, bestaan die moontlikheid dat die toernooi gedurende die somermaande (Junie–September) aangebied sal word om botsings met die twee ligaseisoene te voorkom.[2] ’n Bepaling oor skedulering sal egter nog geneem moet word.[3][4]