Republic F-105 Thunderchief
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Republic F-105 Thunderchief is 'n taktiese vegterbomwerpervliegtuig wat gebruik is deur die Amerikaanse Lugmag. Die vliegtuig kon vinniger as Mach-2 vlieg en word beskou as een van die beste eenmotorige, straalaangedrewe gevegsvliegtuie ooit gebou. Dit is ook een van die grootste enkelsitplekvegvliegtuie ooit gebou. Dit is ontwerp om die Republic F-84 Thunderstreak te vervang. Die Amerikaanse Lugmag was beïndruk met die ontwerp en bestel twee prototipes. Die eerste prototipe het sy nooiensvlug in Oktober 1955 voltooi.
Republic F-105 Thunderchief | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig/bomwerper |
Vervaardiger | Republic Aviation |
Nooiensvlug | 22 Oktober 1955 |
Hoofgebruiker | United States Army Air Forces |
Vervaardig | 1955 - 1964 |
Aantal gebou | 833 |
Op daardie stadium van vliegtuigontwikkeling het ware jagtervegvliegtuie skaarser begin raak, die meeste kon ook bomme dra. Die Thunderchief het oor 'n groot interne bomrak beskik en kon 5 443 kg se bomme dra. Die motor se luginlate is langs die romp by die vlerkhegpunte aan die romp. Model F-105 is op 27 Mei 1958 in diens gestel maar dit was eers model F-105B wat werklik operasioneel uitgerol is. Die Amerikaanse Lugmag in Europa het op 12 Mei 1961 model F-105D ontvang, dit was ook die eerste model wat in alleweerstoestande kon vlieg. Die F-105D se neus was langer as die F-105B s'n omrede dit 'n groter radar gehad het. Die F-105 het goed vertoon in Viëtnam en was regdeur die konflik in gebruik. Meer as die helfte van die 833 gebou is oor Viëtnam vernietig.