Quiriguá
From Wikipedia, the free encyclopedia
Quiriguá (Spaans: [kiɾiˈɣwa]) is 'n antieke argeologiese Majaterrein in die department Izabal in die suidooste van Guatemala, net wes van die grens tot Honduras. Quiriguá is sowat 200 km noordoos van die hedendaagse hoofstad Guatemala-stad[1] en 48 km noord van Copán[2] geleë. Dit is 'n middelgroot terrein met 'n oppervlakte van omstreeks 3 km² langs die onderloop van die Motagua-rivier,[3] met die seremoniële sentrum sowat 1 km noord van die noordelike oewer.[4] Tydens die Maja-Klassieke tydperk (200–900 n.C.), was Quiriguá aan verskeie belangrike handelsroetes geleë. Die terrein is vanaf 200 n.C. bewoon, konstruksie aan die Akropolis het om 550 begin, en 'n opdaag van groter konstruksies het in die 8ste eeu verskyn. Al die konstruksie is omtrent 850 gestaak, behalwe vir 'n kort tydperk van herbewoning in die vroeë Ná-Klassiek (c. 900 – c. 1200). Quiriguá deel sy argitektoniese en beeldhoudelike stil met die nabygeleë Klassieke Tydperk-stad Copán, met wie sy geskiedenis dit nou verweef is.[5]
Argeologiese Park en ruïnes van Quiriguá* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
Groot Plaza van Quiriguá | |
Ligging van Quiriguá in Guatemala | |
Koördinate: 15°16′10″N 89°02′25″W | |
Lande | Guatemala |
Tipe | Kultuur |
Kriteria | i, ii, iv |
Verwysings | 149 |
Streek† | Noord-Amerika |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 1981 (7de Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Quiriguá se vinnige uitbreiding in die 8ste eeu is toe met koning K'ak' Tiliw Chan Yopaat se militêre oorwinning oor Copán in 738 verbind. Wanneer die grootste koning van Copán, Uaxaclajuun Ub'aah K'awiil of "18 haas", verslaan is, is hy gevange geneem en aansluitend in die Groot Plaza by Quiriguá geoffer.[7] Voor dit was Quiriguá 'n vasalstaat van Copán, maar het daarna sy onafhanklikheid bereik. Die seremoniële argitektuur van Quiriguá is nogal beskeie, maar die terrein se belangrikheid lê in sy rykdom van beeldhouwerk, insluitendw die hoogste monumentale klip-beeldhouwerk wat ooit in die Nuwe Wêreld opgerig is.[2]
Quiriguá is in 1980 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.