Puniese Oorloë
reeks van drie oorloë wat tussen Rome en Kartago geveg is van 264 vC tot 146 vC, destyds waarskynlik die grootste oorloë wat nog ooit plaasgevind het / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Puniese (Feniciese) Oorloë is die naam wat die Romeine gegee het aan die drie gewapende botsings wat hulle in die 3de en 2de eeu v. C. met die Kartagers gehad het oor heerskappy oor die Middellandse See.[1][2] Veral as gevolg van hulle oorwinning in die tweede oorlog was Rome die enigste groot moondheid in die westelike deel van die Middellandse See.
Puniese Oorloë | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
| |||||||
Strydende partye | |||||||
Rome | Kartago |
Die bewoners van die Feniciese handelstad Kartago, wat in die 9e eeu v.C. aan die noordkus van Afrika gestig is, het hulle bedrywighede geleidelik meer op die westelike deel van die Middellandse See gerig. Ten einde die stad se handelsbelange teen mededingers soos die Grieke en die Etruskers te beskerm, het die stad reeds in die 5de eeu 'n omvangryke magsgebied begin opbou.
Hulle het oor 'n gedugte oorlogsvloot beskik en het ook op strategies belangrike plekke garnisoene gestasioneer. Groot dele van Noord-Afrika, die eilande Sicilië, Sardinië en Korsika en die oostelike kusstrook van Spanje, waar daar silwermyne was, het op die manier onder Kartaagse gesag gekom.