Polinesiese mitologie
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Polinesiese mitologie is die tradisionele oorlewering van die mense van Polinesië, ’n groep eilande in die sentrale en suidelike Stille Oseaan. Polinesiërs praat tale van die taalgroep Maleis-Polinesiese tale, die belangrikste groep van die Austronesiese tale. Proto-Polinesies is vermoedelik omstreeks 1000 v.C. in die Tonga-Samoa-gebied gepraat.