Polinesiese kultuur
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Polinesiese kultuur is die kultuur van die inheemse bewoners van Polinesië wat eienskappe in taal, gebruike en die gemeenskap deel. Die ontwikkeling van die Polinesiese kultuur word gewoonlik in vier historiese tydperke verdeel:
- Verkenning en vestiging (omstreeks 1800 v.C - 700 n.C.)
- Ontwikkeling in afsondering (omstreeks 700-1595)
- Europese kontak en kolonisasie tot met die Tweede Wêreldoorlog (1595-1946)
- Tydperk ná die Tweede Wêreldoorlog