Paul Cézanne
Franse skilder (1839-1906) / From Wikipedia, the free encyclopedia
Paul Cézanne (19 Januarie 1839 – 22 Oktober 1906) was ’n Franse kunstenaar en postimpressionistiese skilder wie se werk gehelp het om die fondament te lê vir die oorgang van 19de-eeuse kuns na ’n nuwe, radikaal verskillende kunswêreld in die 20ste eeu.[1] Sy dikwels wilde, herhalende kwashale is baie tipies en maklik herkenbaar. Hy het vlakke kleur en klein kwashale gebruik wat opbou om komplekse velde te skep. Cézanne se skilderye weerspieël sy intense bestudering van sy onderwerpe. Sy invloed op die beeldende kunste was enorm, veral op latere genres soos die kubisme, fauvisme en ekspressionisme.[2]
Kitsfeite Gebore, Sterf ...
Paul Cézanne | |
---|---|
Cézanne, omstreeks 1861. | |
Gebore | (1839-01-19)19 Januarie 1839, Aix-en-Provence, Frankryk |
Sterf | 22 Oktober 1906 (op 67), Aix-en-Provence |
Nasionaliteit | Frans |
Veld | Skildery |
Beweging | Postimperessionisme |
Beïnvloed deur | Eugène Delacroix, Édouard Manet, Camille Pissarro |
Beïnvloed | Henri Matisse, Pablo Picasso, Arshile Gorky, Caziel |
Sluit