Papiervliegtuig
From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Papiervliegtuig is 'n speelvliegtuig wat van papier gemaak is. Dit is moontlik een van die mees algemene vorms van aërogamie, 'n tak van origamie (die Japannese papiervoukuns). In Japannees word dit 紙飛行機 (kami hikoki; kami=papier, hikoki=vliegtuig) genoem.
Dit is gewild aangesien dit een van die maklikste vorms van origamie is vir almal van nuweling tot meester. "Korrekte" voltooiing van die mees basiese papiervliegtuig verg op die meeste ses stappe. Die term "papiervliegtuig" verwys hedendaags ook na dié gemaak van karton.