Pamukkale
From Wikipedia, the free encyclopedia
Pamukkale, wat "katoenkasteel" in Turks beteken, is ’n natuurterrein in die Denizli-provinsie in Suidwes-Turkye. Daar is warmwaterbronne en travertyne, terrasse van kalksteen wat deur die vloeiende water agtergelaat word. Dit is geleë in Turkye se Binne-Egeïese streek, in die Menderes-riviervallei, waar die temperatuur die grootste deel van die jaar gematig is.
Kitsfeite Hiërapolis-Pamukkale*, Unesco-wêrelderfenisterrein ...
Hiërapolis-Pamukkale* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
Pamukkale, met sy poele water van warmwaterbronne. | |
Posisie van Pamukkale in Turkye | |
Koördinate: 37°55′23″N 29°07′26″O | |
Lande | Turkye |
Tipe | Verskeie |
Kriteria | iii, iv, vii |
Verwysings | 485 |
Streek† | Asië |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 1988 (12de Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Sluit
Die antieke stad Hiërapolis is gebou bo die wit "kasteel", wat altesaam 2 700 m lank en 160 m hoog is. Dit kan 20 km ver gesien word vanaf die heuwels aan die oorkant van die vallei.