Oss
Nederlandse munisipaliteit / From Wikipedia, the free encyclopedia
Oss is 'n stad en munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Noord-Brabant, geleë noordoos van die stad 's-Hertogenbosch en aan die Maas-rivier, wat o.a. hier die grens vorm met die provinsie Gelderland. Die munisipale gebied het sowat 85 000 inwoners (2012) en 'n oppervlakte van 104 km².
Kitsfeite Land, Provinsie ...
Oss | |
---|---|
Munisipaliteit | |
Die Burchtplein in Oss | |
Ligging van Oss-munisipaliteit in Noord-Brabant | |
Koördinate: 51°46′00″N 5°31′00″O | |
Land | Nederland |
Provinsie | Noord-Brabant |
Regering | |
• Burgemeester | Wobine Buijs-Glaudemans (VVD) |
Oppervlak | |
• Totaal | 104,42 km2 (40,32 vk. myl) |
• Land | 101,86 km2 (39,33 vk. myl) |
• Water | 2,56 km2 (0,99 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 84 664 |
• Digtheid | 831/km2 (2 150/vk. myl) |
Poskode | 5340-5351, 5366-5373 |
Skakelkodes | 0412, 0486 |
Webwerf | www.oos.nl |
Sluit
Oss is 'n industriestad waar belangrike multinasionale korporasies (mede) ontstaan het, soos Unilever, AkzoNobel en Organon. Oss is bekend vir sy professionele sokkerspan FC Oss.
Oss is ook die munisipaliteit waar die Sosialistiese Party se opmars begin het.