Oseanië Rugby
From Wikipedia, the free encyclopedia
Oseanië Rugby (Engels: Oceania Rugby, afgekort “OR”) is die kontinentale beheerliggaam vir rugby in Oseanië, d.w.s. Australië, Melanesië, Mikronesië en Polinesië. Hulle is ook een van Wêreldrugby se ses kontinentale konfederasies.[1] Die konfederasie is in 2000 gestig. Die amptelike taal is Engels en Richard Sapias dien as president van Oseanië Rugby.
Oseanië Rugby | |
---|---|
Kenteken van Oseanië Rugby | |
Engelse naam | Oceania Rugby |
Afkorting | OC |
Vasteland | Oseanië |
Lede | 17 |
Sportsoorte | Rugby, Sewesrugby |
Stigting | 2000 |
Sambreelorganisasie | Wêreldrugby |
Aangesluit in | 2000 |
President | Richard Sapias ( Papoea-Nieu-Guinee) |
Amptelike taal | Engels |
Amptelike webwerf | oceania.rugby |
Oseanië Rugby organiseer verskeie vastelandse toernooie, insluitend die Stille Oseaan-nasiesbeker en die Stille Oseaan-uitdaging vir nasionale seniorrugbyspanne vir mans, vroue en jeug. Oseanië Rugby hou ook toesig oor Sewesrugby in Oseanië en aangesien dit ’n Olimpiese sportsoort is, werk hulle met die Oseanië Nasionale Olimpiese Komitees (ONOK) saam.
In 2000 is Oseanië Rugby as die Vereniging van Oseaniese Rugbyunies (Federation of Oceania Rugby Unions, FORU; nou Oseanië Rugby) gestig.[2]