Ortodokse Kerk in Oekraïne
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Ortodokse Kerk in Oekraïne is ’n outokefale Oosters-Ortodokse Kerk in Oekraïne wat in volle gemeenskap met die ander Oosters-Ortodokse kerke is, behalwe die Russies-Ortodokse Kerk wat nie sy outokefalie aanvaar nie. Van die ander kerke aanvaar ook nie sy outokefalie nie. Die primaat van die kerk het die titel Metropoliet van Kijif en die hele Oekraïne. Die Kerk se hoofkantoor is in Kijif en bestaan uit meer as 2 800 gemeentes, sendings, gemeenskappe en kloosters in Oekraïne. Skattings van die aantal lidmate wissel tussen 10 000 000 en 20 000 000.
Kitsfeite
Ortodokse Kerk in Oekraïne | ||
Sint Michiel-katedraal in Kijif. | ||
Moederkerk | Ekumeniese Patriargaat van Konstantinopel | |
Stigtingsjaar | 2019 (outokefalie) | |
Status | Word net deur sommige Ortodokse kerke as outokefaal beskou | |
Kerkleiding | ||
Hoof | Epifani (Doemenko) | |
Hoof se titel | Metropoliet van Kijif en die hele Oekraïne | |
Setel | Kijif | |
Besonderhede | ||
Liturgie | Bisantyns | |
Liturgiese taal | Kerkslawies, Oekraïens | |
Webtuiste | ||
https://www.pomisna.info/ |
Sluit