Omgewingsbeheer
omvat alle aspekte wat te doen het met die beheer van die menslike omgewing, waarvan die vemaamstes die beheer oor natuurlike hulpbronne en die beheer oor besoedeling is / From Wikipedia, the free encyclopedia
Omgewingsbeheer omvat alle aspekte wat te doen het met die beheer van die menslike omgewing, waarvan die vemaamstes die beheer oor natuurlike hulpbronne en die beheer oor besoedeling is. Alle beheer berus of behoort te berus op ekologiese beginsels, maar omdat omgewingsbeskadiging so geïntegreer is met die ekonomie en die politiek, is daar nog 'n groot leemte in veral internasionale omgewingsbeheer.
Die groot skade wat die omgewing tot dusver berokken is, is die resultaat van die geweldige ekonomiese en tegnologiese ontwikkeling wat veral na die Tweede Wêreldoorlog plaasgevind het.