O/19-krieketwêreldbeker
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die o/19-krieketwêreldbeker is ’n internasionale krieketkompetisie wat al om die twee jaar gehou word om die o/19-krieketwêreldkampioen in EDIs te bepaal. Dié toernooi word deur die Internasionale Krieketraad (IKR) vir o/19-spelers aangebied.
Kitsfeite Sportsoort, Gestig ...
O/19-krieketwêreldbeker | |
O/19-krieketwêreldbeker 2024 | |
Kenteken van die o/19-krieketwêreldbeker | |
Sportsoort | Krieket |
---|---|
Gestig | 1988 |
Eienaar | Internasionale Krieketraad |
Inwydingseisoen | O/19-krieketwêreldbeker 1988 |
Deelnemende lande | wêreldwyd |
Aantal spanne | 16 |
Mees onlangse kampioen | Australië (2024) |
Verwante kompetisies | Kampioenetrofee, Krieketwêreldbeker, T20I-wêreldbeker, Wêreldtoetskampioenskap |
Sluit
In die 16 kampioenskappe wat al aangebied is, het sewe lande reeds die titel ingepalm. Indië het al ’n rekord van vyf keer gewen, gevolg deur Australië met vier titels en Pakistan met twee. Bangladesj, Engeland, Suid-Afrika en Wes-Indië het een titel elk ingepalm.
Die eerste toernooi is in 1988 in Australië aangebied en deur die gasheer gewen. Die mees onlangse toernooi is 2024 in Suid-Afrika gehou en deur Australië gewen.