Nordenham
Stad in Duitsland / From Wikipedia, the free encyclopedia
Nordenham [nɔʁdənˈham] is 'n stad in die administratiewe distrik Wesermarsch (Duits: Landkreis Wesermarsch) van die Noord-Duitse deelstaat Nedersakse met 'n oppervlakte van 87,2 vierkante kilometer en 'n bevolking van 26 193 (soos op 31 Desember 2018). Die stad is op die skiereiland Butjadingen naby die monding van die Weserrivier in die Noordsee aan die rivier se westelike oewer en teenoor die hawestad Bremerhaven aan die regteroewer geleë. Nordenham se Midgard-seehawe is die grootste Duitse hawe van sy soort in privaatbesit, terwyl die plaaslike Airbus-aanleg in die stadsbuurt Einswarden komponente vir die rompe van Airbus-stralers vervaardig.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Duitsland |
Deelstaat | Nedersakse |
Koördinate | 53°29′N 8°29′O |
Stigting | 789 (eerste verwysing) |
Stadstatus | 1 Mei 1908 |
Oppervlak: | |
- Totaal | 87,2 vk km |
Hoogte bo seevlak | 2 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2018) | 26 193 |
- Bevolkingsdigtheid | 300/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 |
Burgemeester | Carsten Seyfarth (SPD) |
Amptelike Webwerf | www.nordenham.de |