Niesiklopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Niesiklopedia (Engels: Uncyclopedia) is 'n inhoudvrye ensiklopedie. Dit is 'n satiriese parodie van Wikipedia en is in Afrikaans, Engels en verskeie ander tale beskikbaar. Die wiki verskaf humoristiese en satiriese artikels van spesifieke temas en is gerig op vermaak eerder as om betroubare inligting weer te gee.
Niesiklopedia | |
---|---|
Tipe webblad | Wiki |
Taal(e) | Afrikaans, Engels en meer |
Registrasie | Opsioneel |
Eienaar | Uncyclomedia Foundation (vir Niesiklopedia) |
Outeur | Jonathan Huang en "Stillwaters" |
Opgerig | 20 Julie 2011 (Niesiklopedia), 5 Januarie 2005 (Uncyclopedia) |
Huidige status | Aktief |
URL | niesiklopedia.org |