Nguyễn Xuân Phúc
voormalige president van Viëtnam / From Wikipedia, the free encyclopedia
Nguyễn Xuân Phúc (gebore op 20 Julie 1954) is 'n Viëtnamese politikus wat tussen April 2021 en Januarie 2023 as die president van die die Sosialistiese Republiek Viëtnam gedien het. Voor sy verkiesing as president het hy as die land se premier tussen April 2016 en April 2021 gedien. Nguyễn Xuân Phúc was ook 'n volwaardige lid van die Nasionale Vergadering. Nguyễn Xuân Phúc het op 12 November 1983 lid geword van die Kommunistiese Party van Vietnam.
Nguyễn Xuân Phúc | |
Nguyễn Xuân Phúc in 2022 | |
11de president van Viëtnam | |
Ampstermyn 5 April 2021 – 18 Januarie 2023 | |
Vise | Võ Thị Ánh Xuân |
---|---|
Eerste minister | Phạm Minh Chính |
Voorafgegaan deur | Nguyễn Phú Trọng |
Opgevolg deur | Võ Văn Thưởng |
7de Eerste Minister van Viëtnam | |
Ampstermyn 7 April 2016 – 5 April 2021 | |
Vise | Trương Hòa Bình |
President | Trần Đại Quang Đặng Thị Ngọc Thịnh (waarnemend) Nguyễn Phú Trọng |
Voorafgegaan deur | Nguyễn Tấn Dũng |
Opgevolg deur | Phạm Minh Chính |
Lid van die Nasionale Vergadering | |
Ampstermyn Junie 2007 – 18 Januarie 2023 | |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 20 Julie 1954 (1954-07-20) (69 jaar oud) Quế Sơn-distrik, Quảng Nam, Viëtnam |
Politieke party | Kommunistiese Party van Viëtnam |
Eggenoot/-note | Trần Thị Nguyệt Thu |
Kind(ers) | 2 |
Alma mater | Nasionale Ekonomie Universiteit Nasionale Akademie vir Publieke Administrasie Nasionale Universiteit van Singapoer |
Handtekening |
Nguyễn Xuân Phúc het tussen 1973 en 1978 ekonomiese bestuur aan die Hanoi Nasionale Ekonomiese Universiteit gestudeer, waarna hy administratiewe bestuur aan die Vietnam National Administrative Academy studeer het. Vanaf 1978 tot 1979 was hy werksaam by Quảng Nam-Dà Nang Ekonomiese Raad. Van 1980-1993 het Phúc aanvanklik as 'n werknemer gewerk voordat hy opgetree het as adjunkhoof van Quảng Nam - ẵà Nẵng se People's Committee. Phúc het daarna in verskillende rolle gedien, waaronder dié van provinsiale president, direkteur van regeringskantore, voordat hy adjunk-premier geword het (2011-2016). Hy is op 5 April 2021 tot president van die land verkies.[1]
Weens korrupsieskandale het hy op 18 Januarie 2023 van al sy regeringsposte en leierskapsposisies in die Kommunistiese Party bedank.