Nasionale Dag van Switserland
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Nasionale Dag van Switserland word op 1 Augustus ter herdenking van die Bundesbrief, die stigtingsdokument van die Switserse Konfederasie wat aan die begin van Augustus 1291 as 'n gemeenskaplike verdedigingsooreenkoms tussen drie sogenaamde oerkantons (Urkantone) onderteken is.
Bundesfeier
Jour de la fête nasionale suisse
Giorno della festa nazionale svizzera
Di da la festa naziunala
Die Nasionale Dag word sedert 1891 dwarsoor Switserland herdenk en is 'n openbare vakansiedag. 1 Augustus as datum van die ondertekening van die Bundesbrief is egter nie histories oorgelewer nie; in die oorkonde word net vermeld dat dit aan die begin van Augustus 1291 onderteken is.