NG gemeente Barkly-Oos
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die NG gemeente Barkly-Oos is die 72ste oudste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in wat meer as anderhalf eeu lank die Kaapse Kerk was, voor die ontstaan van die Sinodes van Wes-en-Suid-Kaapland, Oos-Kaapland en Noord-Kaapland in die middel van die dekade ná 1970 en daarna. Dit was weliswaar die 76ste gemeente wat gestig is, maar vier gemeentes wat ouer as Barkly-Oos was, is intussen by naburige gemeentes ingelyf, naamlik Middelburg (1852, nr. 41), Komga (1859, nr. 63), Greykerk (1862, nr. 65) en Alice (1862, nr. 66), almal in die teenswoordige NG Kerk in Oos-Kaapland. In 2016 het die gemeente 263 belydende en 90 dooplidmate gehad. Naas die hoofkerk op Barkly-Oos, is die dorpie Rhodes ook 'n bedieningspunt van die gemeente.