Montréal (kruisvaarderskasteel)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Montréal (in Frans dikwels ook Krak de Montréal of Crac de Montréal genoem; alternatief Kerak-kasteel; Latyn: Mons Regalis of "Koninklike Berg"; Arabies: al-Sjobak, Shobeq, Shawbak) is 'n voormalige kruisvaarderskasteel in Idumea (Edom), suidoos van die Dooie See en 130 kilometer noord van Akaba in Jordanië, in die historiese streek Oultrejordain, 'n 12de eeuse leen van die kruisvaarderstaat Koninkryk Jerusalem.